Leer speel speel (kwartaal 1)

R800.00

Ons is super duper opgewonde om ons splinternuwe LEER SPEEL SPEEL program bekend te stel. Vir wie is die program? Dis vir peuter by die huis. Babas by mamma, pappa, oupa, ouma of selfs die nanny! (Dis nie ‘n skole program nie, dis spesifiek en uniek vir die huis omstandighede.) Hoe werk dit? Die hele…

Category:

Description

Ons is super duper opgewonde om ons splinternuwe LEER SPEEL SPEEL program bekend te stel.

Vir wie is die program?

Dis vir peuter by die huis. Babas by mamma, pappa, oupa, ouma of selfs die nanny! (Dis nie ‘n skole program nie, dis spesifiek en uniek vir die huis omstandighede.)

Hoe werk dit?

Die hele program is aanlyn. Die peuter het egter niks met die aanlyn materiaal uit te waai nie, dis om die oppasser en ouer te begelei.
Kry jou inteken besonderhede en laat waai!
Wat kry jy alles?

Weeklikse lys met apparaat benodig vir die week.
‘n Opleiding en uitkomste video elke week.
15 aktiwiteite per week. Dit sluit in groot spiere, klein spiere, visuele ontwikkeling, ouditiewe ontwikkeling, sensoriese spel, taalontwikkeling, emosionele welstand, informele wiskunde en nog vele meer!
Kort lysie om aan te dui op watter vaardighede ons elke week gefokus het.
Aanwysings is maklik om te gebruik.
Apparaat benodig is maklik bekombaar.
Die program is opgedeel in 4 dele (of kwartale). Elke kwartaal bestaan uit 10 weke.
Die kwartale moet in volgorde gedoen word.
Daar kan langer aan ‘n kwartaal gewerk word as net 10 weke.
Metodiek :

Ons program berus om leer deur speel. Daar is dus geen inkleurwerk en boekwerk in die program nie. Daar is wel baie pret en ons wys jou die waarde wat die aktiwiteite het! Alle papierwerkies fokus op kreatiewe ontwikkeling eerder as op inkleur en werkskaarte.

Sien hoe jou peuter floreer en groei in ons bekwame hande.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Leer speel speel (kwartaal 1)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You cannot copy content of this page