Graad RR en R : Stap deur jou dag

R390.00

Ons wil jou uitnooi om ons REEKS werkswinkels by te woon. Elkeen fokus op ‘n ander deel van jou dagprogram. Ons het altesaam 5 werkswinkels in die reeks. 1. Die tema en roetine periodes in my klas. Ons gee raad en idees, ons gaan ‘n hele paar temas demonstreer en jy ontvang ‘n nuttige handleiding…

Category:

Description

Ons wil jou uitnooi om ons REEKS werkswinkels by te woon. Elkeen fokus op ‘n ander deel van jou dagprogram.

Ons het altesaam 5 werkswinkels in die reeks.

1. Die tema en roetine periodes in my klas. Ons gee raad en idees, ons gaan ‘n hele paar temas demonstreer en jy ontvang ‘n nuttige handleiding wat die tema in konteks aanspreek. Boonop gee ons vir jou ‘n handige afmerklys om seker te maak julle skool se toilette is in orde.

2. Kreatiewe aktiwiteite. Hoe bied ek dit aan? Hoe keer ek dat ons produkte maak? Ons gee hope idees en raad wat fokus op die belangrike deel van jou dag EN jy ontvang ‘n handige boekie wat al die apparaat wat jy kan versamel en inspan lys.

3. Wiskunde vir wenners. Hope idees om wiskunde konkreet en kinesteties aan te bied. Ontvang ‘n boekie vol leerstasie idees en wiskunde lesse.

4. Taal is nie net op papier nie. Konkrete en kinestetiese idees vir taal aanbieding. Hierdie boekie is vol idees vir taal aanbieding in jou klas of by die huis.

5. Ek leer as ek beweeg. Bewegingslesse! ‘n Hele oggend vol demonstrasies met heerlike apparaat wat jy self kan maak of maklik kan bekom.

Kyk die werkswinkel enige tyd aanlyn.
Toegang vir 6 maande.
Druk alle uitdeelstukke uit in kleur.
Ontvang ‘n sertifikaat na afloop.
Na betaling kan jy jou eie profiel skep by www.juffrou.info (Gebruik dieselfde eposadres as in jou bestelling.)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Graad RR en R : Stap deur jou dag”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You cannot copy content of this page