Description
Ons is super duper opgewonde om ons splinternuwe LEER SPEEL SPEEL program bekend te stel. Hierdie aanlyn graad R program is saamgestel deur deskundiges met meer as 50 jaar ervaring in vroeë kinderontwikkeling.
Vir wie is die program?
Die aanlyn graad R program fokus op ons mammas by die huis.
Tot wat moet ek toegang hê?
Betroubare en vinnige internet vir videos
‘n Kleurdrukker
Apparaat en die moontlikheid om dit te kan aankoop soos nodig
Hoe werk dit?
Die hele program is aanlyn. Dis egter nie die kind wat aanlyn werk nie, dis die ouer of aanbieder.
Daar word daaglikse aktiwiteite uitgesit.
Assesserings is deurlopend en word aanlyn voltooi. Eerlikheid berus by die ouer.
Kry ‘n rapport wat die deurlopende assesserings reflekteer aan die einde van kwartaal 1, 2 en 4.
Wat kry jy alles?
Weeklikse lys met apparaat benodig vir die week.
‘n Opleiding en uitkomste video elke week.
30 aktiwiteite per week. Dit sluit in groot spiere, klein spiere, visuele ontwikkeling, ouditiewe ontwikkeling, sensoriese spel, taalontwikkeling, emosionele welstand, informele wiskunde en nog vele meer. Ons doen ook foneme en klanke deur 1 letter per week te behandel.
Kort lysie om aan te dui op watter vaardighede ons elke week gefokus het.
Aanwysings is maklik om te gebruik.
Apparaat benodig is maklik bekombaar.
Robotika is deel van die program. Ons doen ‘n “unplugged” program. Dit beteken dat geen toestelle (bv. selfoon) ‘n vereiste is van ons kant af nie, maar ons verskaf details van een gratis speletjie elk (Apple en en Android) wat aan die CAPS vereistes voldoen vir Robotika en Kodering.
Die program is opgedeel in 4 dele (of kwartale). Elke kwartaal bestaan uit 10 weke.
Die kwartale moet in volgorde gedoen word.
Daar kan langer aan ‘n kwartaal gewerk word as net 10 weke.
Metodiek :
Ons program berus om leer deur speel. Daar is dus geen inkleurwerk en onnodige boekwerk in die program nie. Daar is wel baie pret en ons wys jou die waarde wat die aktiwiteite het!
Bladsye wat wel voltooi word dien op die ou einde as die kind se portefeulje.
Vir wie is hierdie program bedoel?
Enige tuisonderrig leerder
Die LSEN kind wat ekstra aandag nodig het
Die kind wat voor is en graag die voorsprong wil behou
Reviews
There are no reviews yet.