
Is julle ouers wat julle kinders tuis leer? Ons het ‘n volledige program vir julle! Ek is nie nét ‘n juffrou nie, maar ook ‘n ouer wat my eie 3 kinders grootmaak en ‘n passie het vir ouers wat met uitenemendheid betrokke is by hulle eie kinders se onderrig.
Hierdie program is nie skool by die huis nie, maar fokus op interessante temas, prettige wiskunde, vollop taal en buite die boks lewensvaardighede. Ons leer mammas hoe om hulle eie kinders te assesseer en om raak te sien as daar dalk uitvalle is. Maar om ook met sagte en realistiese oë na jou eie kind te kyk.
Word deel van die Oasis onderrigspan en stap die pad saam met ons!
Ouderdomme is vanaf Graad pre-R tot graad 3.