Robotika en kodering is die nuutste toevoeging tot die vakke wat vanaf 2025 in ons graad R en 1 klasse moet wees. Maak hierdie gedagte jou moedeloos? Ons het raad!
Die opnames vir hierdie kursus is nou gereed. Toegang tot die kursus is vir 6 maande waarna toegang verval.
Waaroor gaan ons gesels?
- Wat moet jy alles van die nuwe program weet?
- Hoe moet dit prakties in jou klas aangewend word?
- Hoe gaan my sentrum hierdie klasse aanbied sonder om duisende rande aan rekenaars te spandeer?
- Ons wys jou hoe om self die lesse aan te bied sodat ekstra personeel aanstellings nie nodig is nie.
- Ons verskaf ‘n paar voorbeeld lesse om in te span (ons het ‘n volledige jaarprogram ook beskikbaar).
- Wat behels die assessering hiervang en hoe gaan ek dit in my sentrum doen?
- Hierdie kursus is slegs gefokus op die graad R en 1 program.
Aanbieder : Die kursus word deur Yolandi van Oasis Vroeë Kinderontwikkeling Konsultante aangebied en beloof (om soos al Oasis se ander kursusse) van hoë gehalte te wees.
