Woon ons splinternuwe AANLYN seminaar by. Ons onderwerp is : OP PAD NA GRAAD 1.
Hierdie seminaar is op 12 Maart 2022 lewendig aangebied via Zoom en is nou aanlyn beskikbaar,
Waaroor gaan ons gesels?
- Watter vaardighede vorm die fondasie van Graad R?
- Graad R is NIE ‘n eerste probeerslag vir Graad 1 NIE.
- Wat is die graad R juffrou se werk – en wat die graad 1 juffrou.
- Wat gebeur as ons in graad R spring na graad 1 werk?
- Wat is die probleem daarmee om kinders vooruit te leer lees en skryf.
- Hoe kies ek die gepaste skool vir my graad R (ons gaan algemene riglyne bespreek waarna ouers kan oplet)
- Watter kurrikulum word gevolg.
- Kan ek graad R tuis aanpak of moet my kind skool toe gaan?
Op wie fokus hierdie seminaar?
- Ons nooi graag onnies en ouers uit om deel te neem.
Wie bied dit aan?
- Die seminaar word aangebied deur Sophie Breytenbach van Graad R sonder werkskaarte.
Kry jy ‘n sertifikaat na afloop?
- Ja, die sertifikaat word aanlyn deur jouself gegenereer na die seminaar. Om die sertifikaat te verwerf moet daar ‘n kort vraelys beantwoord word.