Ons is super duper opgewonde om ons splinternuwe LEER SPEEL SPEEL program bekend te stel. Hierdie graad RR program is saamgestel deur deskundiges met meer as 50 jaar ervaring in vroeë kinderontwikkeling.
Vir wie is die program?
Die graad RR program fokus op ons mammas by die huis.
Die program is in lyn met die skole se graad RR programme – maar voldoen nie net aan die minimum standaarde (soos meeste skole nie). Hierdie is ‘n verrykte program. Dit beteken dat ons na meer streef as net die minimum uitkomste en vaardighede.
Tot wat moet ek toegang hê?
- ‘n Adres waar ons jou pakkie kan laat aflewer (indien jy ‘n boks ook aankoop)
- Skryfbehoeftes
- Vermoë om aanvullende apparaat te kan aankoop
- Toegang tot genoegsame data en ‘n sterk internetverbinding
- Toegang tot ‘n kleur drukker
Wat kry jy alles?
- Volledige program wat daaglikse wiskunde, taal en lewensvaardighede lesse insluit. Dit sluit in groot spiere, klein spiere, visuele ontwikkeling, ouditiewe ontwikkeling, sensoriese spel, taalontwikkeling, emosionele welstand, informele wiskunde en nog vele meer.
- Kort lysie om aan te dui op watter vaardighede ons elke week gefokus het (deurlopende assesserings)
- Aanwysings is maklik om te gebruik.
- Apparaat benodig is maklik bekombaar.
- Die program is opgedeel in 4 dele (of kwartale). Elke kwartaal bestaan uit min of meer 10 weke.
- Die kwartale moet in volgorde gedoen word.
- Daar kan langer aan ‘n kwartaal gewerk word as net 10 weke. Om tuisleerders tegemoet te kom en omdat almal nie ewe vinnig vorder nie, stuur ons dan Kwartaal 2/3/4 se materiaal sodra julle daarvoor betaal.
- Assesserings is deurlopend. Eerlikheid berus by die ouer.
- Kry ‘n rapport wat die deurlopende assesserings reflekteer aan die einde van kwartaal 1, 2 en 4.
Metodiek :
Ons program berus om leer deur speel. Daar is dus geen inkleurwerk en onnodige boekwerk in die program nie. Daar is wel baie pret en ons wys jou die waarde wat die aktiwiteite het!
Vir wie is hierdie program bedoel?
- Enige tuisonderrig leerder
- Die LSEN kind wat ekstra aandag nodig het
- Die kind wat voor is en graag die voorsprong wil behou