In hierdie seminaar gaan ons fokus op die kind in graad pre-R (graad RR). Wat is die uitkomste? Hoe moet die dagprogram lyk? Hoe stem graad pre-R en R ooreen? Waar lê die verskille?
Ons nooi al ons graad pre-R juffrouens om in te skakel vir die inleidende seminaar om die graad pre-R jaar te bespreek. Kursus is vooraf opgeneem en sal op ons aanlyn
Liewe juffrou,
Dit is vir my so groot voorreg om te laat weet dat Ouma Sophie Breytenbach op die ou einde ingestem het om hierdie video opnames te maak! Met meer as 50 jaar se kleuteronderrig ervaring is daar min wat haar gelyke met kennis en insig is.
Sy is ook 80 jaar oud en die tegnologie is soms ‘n uitdaging. Jy gaan sien dat sy soms in die videos die knoppe druk en dan moet soek waar om die volgende knoppies te druk. Sy steek soms haar hand op om te wys dis waar die foutjie is.
Maar vir die voorreg om by die formidabele juffrou te kan leer glo ek jy gaan – soos ek – net glimlag vir die blapsies met die rekenaar hier en daar.
Binnekort sal Ouma nie meer kans sien nie en dan gaan al die videos my gesig ophê. So geniet ouma se kennis saam met my!
Groete
Yolandi